Contributor

Jul 17, 20231 min

Geen-Knie Brood

Anders as die tradisionele brood is hierdie een baie vinniger is om te maak, want jy hoef nie te knie.

My pa was regtig old school en het nog geglo in tuisgebakte brood, veral op Sondag, so jy moes jou storie ken met die knie en voorberei van die deeg en so.

Maar deesdae maak ek ’n brood wat baie vinniger is om te maak, want ek gebruik ’n resep wat geen knie vereis nie. Dit werk vir my.

Geen knie brood

Bonita Hendricks

Bestandele

  • 7 koppies meel

  • 4 koppies (1 liter) louwarm water

  • 2 teelepels (10 ml) sout

  • 1 x 10 g pakkie droeë gis

Metode

  1. Meng alles saam tot ’n slap deeg vorm.

  2. Los om te rys.

  3. Voorverhit die oond tot 180 °C.

  4. Plaas die deeg in 2 gesmeerde panne.

  5. Bak teen 180 °C grade vir 1 uur.

    0