Contributor

Oct 2, 20231 min

Gekarameliseerde Piesangs

As jy nie lus is vir piesangbrood nie, red jou oorryp piesangs deur hulle te karameliseer.

Sedert die ouderdom begin nesskop het agter my rug, glo ek aan die sêgoed: “Die lewe is só kort dat jy jou poeding eerste moet eet en dat jy nie meer groen piesangs moet koop nie!”

Maar toe koop ek onlangs té veel halfryp piesangs wat vinnig oorryp geraak het. Om hulle te red het ek hulle toe gekarameliseer, as ’n treat aan myself.

Gekarameliseerde Piesangs

Wendy Anthonie

Bestandele

  • ¼ kopie suiker

  • 3 eetlepels botter

  • 4 piesangs, gehalveer

Metode

Karameliseer die suiker en botter in ’n pan. Voeg die piesangs by.

Hier is ’n video met meer details oor hoe om die suiker te karameliseer.

    0