Contributor

Apr 11 min

Groenvye-Konfyt

Groenvye-konfyt is lekker vir n bederf so nou en dan, n geskenk, of veral op spesiale geleenthede soos Eid.

Groenvye-Konfyt

Noelene Christians

  • 3 kg groenvye

  • 1 boksie kalk (slaked lime by die apteek)

  • 20 liter water

Stroop (vir 3 kg vrugte)

  • 15 koppies suiker

  • 22½ liter water

  • stuk gemmer, gekneus

  • 2 suurlemoene se sap

Nota vir stroop

Verminder die suiker en water soos jy vrugte verminder, byvoorbeeld, vir 1 kg vrugte:

  • 5 koppies suiker

  • 7½ koppies water

  • stuk gemmer, gekneusde

  • 1 suurlemoen se sap

Metode

  1. Was die vye goed af.

  2. Sny ’n kruis in die onderkant van die vye, nie te diep nie.

  3. Gooi kalk in n 10 liter emmer, gooi vol met water en roer goed, laat die kalk afsak en gooi net die skoon water oor die vye. Maak die emmer weer vol water en laat kalk afsak en gooi weer net die skoon water oor

  4. Laat oornag in kalk water lê - die vye moet toe wees onder die water.

  5. Spoel die vye af die volgende dag onder skoon, lopende water.

  6. Kook water in n kastrol en voeg die afgespoelde vye by terwyl die water kook.

  7. Kook die vye net 15 minute en skep hulle dan uit.

Stroop

  1. Kook al die bestanddele vir die stroop saam met die voorbereide vye in n kastrol vir 2 - 3 ure totdat die stroop dik is en die vye blink.

  2. Skep in gesteriliseerde bottels.

    0