Contributor

Jul 24, 20231 min

Lemoenkonfyt

My ma was n konfyt guru. Sy’t marmalade, makatan, vye konfyt wat groen gebly het, en selfs agurkie konfyt. Ek het onlangs lemoen konfyt gemaak. Dit was so lekker en ek deel graag die resep.

Lemoenkonfyt

Lenore Combrink

Bestandele

  • 5 groot lemoene met 'n dik skil

  • 6 koppies (1½ liter) water

  • 500 g (2½ koppies) suiker

  • 3 appels

Metode

  1. Rasper die lemoene se skil en sny die lemoen in halwes. Week oornag in water.

  2. Dreineer water en kook die lemoene in die 1½ liter water vir so 20 minute.

  3. Skil die apples en sny dit in kwarte en sit dit in die pot by die lemoen.

  4. Gooi die suiker en kook verder tot die stroop dikker word, vir so 45 minute.

  5. Laat staan en koel af.

  6. Bottel in skoon, gesteriliseerde glas bottles.

    0