Contributor

Apr 221 min

Mamma Se Botterkluitjieresep

Lekker botterkluitjies soos jou mamma dit gemaak het proe soos huis, veral wanneer die koue byt.

Ek is van Keimoes in die Noord-Kaap. My ma maak die heerlikste botterkluitjies gedurende die winter. Dit was altyd die hoogtepunt gedurende vakansies, wanneer ek en my broer huistoe gegaan het van die koshuis af in Kaapstad.

Mamma Se Botterkluitjieresep

Beverly Loxton-Barry

Bestanddele

  • 3 eetlepels mielieblom (Maizena)

  • 3 eetlepels meelblom

  • 2 eetlepels suiker

  • ½ teelepel sout

  • 1 koppie koue melk

  • 4 koppies kookmelk

  • 1 eetlepel botter

  • 3 eiers, geskei

  • 2 eetlepels gesmelte botter

  • kaneelsuiker
     

Metode

  1. Maak die mielieblom, meelblom, suiker en sout aan met die koue melk tot ’n pasta vorm. Giet die helfte van die kookmelk daaroor en roer goed.

  2. Plaas terug by die res van die kookmelk en kook vir 5 minute terwyl dit gedurig geroer word.

  3. Klits die eiergele tot lig en skuimerig. Voeg ’n bietjie van die kokende meelmengsel by die eiergeel en giet weer terug in die res van die kokende mengsel. Voeg die 1 eetlepel botter by. Laat die mengsel weer kook.

  4. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Klits die eierwitte styf en vou dit by die afgekoelde mengsel in.

  5. Skep eetlepels vol van die mengsel in lae in ’n glasbak. Elke slag voor ’n kluitjie geskep word, word die eetlepel eers in die gesmelte botter gedoop. Strooi kaneelsuiker tussen elke laag kluitjies.

  6. Die res van die botter word bo-oor gegiet en kaneelsuiker oorgestrooi.

  7. Bedien warm.
     

    0