Contributor

Jan 291 min

Meditereense Pasta

Hierdie spaghetti-dis met tuna en feta is n treffer en proe nog lekkerder as dit ’n rukkie gestaan het.

Ek maak die resep vir meer as 40 jaar al. Die blad waarop die handgeskrewe resep is getuig van hoe baie dit al gemaak is vandat ek nog pasgetroud was. Ek kan glad nie onthou waar het ek die resep gekry het nie maar dit is nogal ’n treffer.

Dit het ook ’n besonderse smaak. Hierdie is een van daai geregte wat lekkerder proe hoe langer dit staan.

Nota

Ek het ’n paar veranderinge aan die resep gemaak:

  • Ek gebruik 3 blikkies tuna, 500 g spaghetti, meer knoffel en baie feta.

  • Ek sit nie altyd olywe by nie en as ek nie vars pietersielie het nie vervang ek dit met gedroogte pietersielie.

Meditereense Pasta

Caroline Bam-Adams

Bestanddele

  • spaghetti

  • sout

  • olyfolie

  • 1 ui, gekap

  • 1 knoffelhuisie, gekap

  • 1 soetrissie (pepper)

  • 100 ml witwyn

  • 1 blik tamaties

  • 50 ml tamatiepuree

  • 4 teelepels suiker

  • 1 teelepel basiliekruid (basil)

  • sout en peper, na smaak

  • 1 blik tuna, gedreineer

  • olywe

  • fetakaas

  • pietersielie, gekap

Metode

  1. Kook die spaghetti met sout tot gaar. Dreineer.

  2. Soteer die ui, knoffel en soetrissie in die olie tot sag.

  3. Voeg witwyn, tamaties en tamatiepuree by.

  4. Verlaag hitte en prut tot dikkerige sous.

  5. Geur met suiker, basiliekruid, sout en peper na smaak.

  6. Vlok die tuna effens en voeg dit saam met die olywe by die tamatiesous. Prut tot lekker warm.

  7. Meng die sous met die spaghetti en dien op met fetakaas.

  8. Sprinkel pietersielie oor en geniet dit.

    0