Miranda Fillmore

Mar 251 min

Paasfeestafel

Die wag is verby en die somberheid van Goeie Vrydag is weg. Kyk Miranda Fillmore se Paasfeestafel.

Die wag is verby en die somberheid van Goeie Vrydag is weg.

Verlede jaar het my Paas Sondag nie so goed begin nie. Ek het nie eers die beloofde lamb shanks vir die Gibbes gemaak nie, maar ek het my self gemaan om kalm te bly en liewer te begin met die voorbereidings vir die jaarlikse middagtee by ons huis, asook die beloofde Easter egg hunt vir my jongste suster Myrtle se kleindogters, Halley en Lee, want dit is immers ’n dag van groot blydskap en samesyn. Die genot op hulle gesiggies sal nog lank by my bly soos hulle die paasieiers in glanspapier een vir een verslind het!

Die grootmense het ook lekker rondom hulle bederftafel gekuier, maar die kos was net ’n bysaak, want die honger van ons harte was ook gestil, want dit is wat samesyn vir my beteken. Ek het ook selfs my “Ophrah Moment” gehad. In plaas van paaseiers het ek vir die dames elkeen die nuutste Koesister tydskrif gekoop. Een vir jou, een vir jou en een vir jou! Dit is wel met my siel.

    0