Contributor

Dec 25, 20231 min

Roly Poly

Roly Poly is so eenvoudig en ekonomies, en tog so lekker. ’n Regte komvandaan-poeding.

Een Vrouemaand het ek besluit om my komvandaan te vier deur elke Sondag van daardie maand een van my ma se poedings te maak. Die resepte is in haar eie handskrif.

Ek het byvoorbeeld een Sondag “Peter’s puding” gemaak. Die resep het sy sonder ’n naam by ’n vriendin gekry, toe vernoem sy die poeding na haar vriendin se man. En die volgende Sondag het ek Roly Poly gemaak; my broer se gunsteling. My dogter wat net vla eet het gesê, “Mammie, die poeding is lekker.”

My ma het ons swaar groot gemaak en wat ons van kos, konfytkook en om te skarrel ken is aan haar te dankie. So ek het dit goed gevind om haar nalatenskap te vier en te eer.

Roly Poly

Lenore Combrink
 

Bestandele

  • 2 koppies bruismeel (self-raising flour)

  • 2 eiers

  • ¼ lb margarien

  • knippie sout

  • appelkooskonfyt

Sous

  • 2 koppies water

  • ¼ lb margarien

  • 1 koppie suiker

Metode

  1. Vryf die botter en meel deurmekaar.

  2. Maak aan met die eiers en sout.

  3. Rol die deeg uit en smeer konfyt oral op.

  4. Rol die gesmeerde deeg op met die konfyt binne-in. Sny in wiele en pak in ’n oondvaste bak.

  5. Gooi die sous (metode hieronder) oor en bak vir 1 uur in die oond teen 180 °C.

Sous

  1. Kook al die bestandele saam.

    1