Search
  • Contributor

Sproeireën-nartjiekoeldrank

Martie Swanepoel, a member of the Lockdown Recipe Storytelling Book (LRSB) group on Facebook recalls fond memories of school holidays on the farm with her grandmother and cooling off with her homemade Sproeireën-nartjiekoeldrank. We've got the recipe to help you cool off this summer.




Neo Ntinkulu verkoop deesdae nartjies voor Shoprite in Parys. Dis beter as die dae toe ek hom gomsnuiwend op straat gekry het. Toe hy in graad nege was, het ek vir hom Engels gegee by Weiveld, so dertig kilometer buite Parys, grondpad langs. Neo was klein en tingerig met groot oë soos ’n kalfie. Nou is hy effe groter, steeds tingerig en met dieselfde oë. Vir hom is ek nog Mizo as hy my op straat sien. Ek het ’n sagte plekkie vir die kind en het tydens lockdown ’n sakkie by hom gekoop.

As kind het ek elke skoolvakansie by my ouma op Warmbad gekuier. Sy het rye suurlemoen-, nartjie- en lemoenbome gehad. By my ouma was daar nooit gaskoeldrank nie. Sy het dik stroop van die sitrusskille gekook en ons het dit my yswater verdun en gedrink. Die gesnipperde skille is in die oond effe gedroog en ons het dit net so geëet of nog fyner gesnipper en gebruik as ons koekies bak. As mens luuks wil wees, doop jy die stukkies skil in sjokolade.

Hier op ons plaas leef ons eintlik altyd in lockdown, want ons is ver uit die dorp uit. Ek rek dus elke bestanddeel so ver ek kan en maak ook my ouma se stroop van natjieskille.


INGREDIENTS

250 ml nartjieskil (wit binnekant afgekrap met ’n lepel en gesnipper)

200 g (250 ml) suiker

1 steranys

250 ml water

METHOD

Meng al die bestanddele en kook tot die vloeistof gehalveer het. Moenie die stroop te lank kook nie, want dan word dit dik en taai. Laat afkoel en bêre in lugdigte glasbottels of -flesse.

Roer ’n eetlepel stroop in ’n glas yswater in; dis heerlik. Dit is net so lekker oor pannekoek en roomys.

Ek het vanoggend vir ons ’n “gedig” van smaak gekook van al die nartjieskille in die huis. Ek dink D.J. Opperman se Sproeireën proe soos my ouma se nartjiestroop. “My nooi is in ’n nartjie…”


Recipe by Martie Swanepoel

0 comments