Ivy Kinnear

Jun 9, 20232 min

Make (your Mamma’s) sousboontjies

Updated: Jun 26, 2023

Remember how your mom or gran used to make them? Ivy Kinnear shared her komvandaan story and recipe for sousboentjies.

Remember how your mom or gran used to make sousboentjies? Just the right balance between sweet and sour, the beans soft, but not mushy, and nestled in that sticky, creamy sauce waiting to be devoured. Best on Sunday lunch plate.

Sondae op Zoar

Ivy Kinnear

As kind was Sondag-middagete nie ete as daar nie sousboontjies by was nie.

Dit was die werfhoendertjie, in die pot gebraai, potgebraaide aartappels, pampoen of stowe patats, rys, sousboontjies, skorsies met ertjies in en beetslaai. Die beet was die vorige aand gekook, afgekoel en skoongemaak en dan gerasper of gesny met uie en suiker en asyn.

Die nagereg was altyd jellie en custard (vla).

Die jellie was Saterdagaand gemaak, afgekoel en dan in ’n groot bak koue water geplaas, bedek met ’n groot doek en op die sement tenk se dak gelos vir die aand om te stol.

Op Zoar was daar nie so iets soos ’n yskas nie. Net die pastorie waar die Sendingkerk predikant gewoon het, en die winkel waarvan sy seun die eienaar was het een gehad.

So die jellie was Saterdagaand gemaak, afgekoel en dan in ’n groot bak koue water geplaas, bedek met ’n groot doek en op die sement tenk se dak gelos vir die aand om te stol. Aan die einde van die maand was daar canned fruit ook by.

Snaaks, daar was nie rondloper katte destyds nie.

Sousboontjies

Bestandele

  • 1½ koppie suikerbone, oornag in water geweek

  • 1 opgehoopte lepel meel

  • ½ koppie (125 ml) druiwe-asyn

  • ½ koppie (125 ml) suiker

  • knypie sout

Metode

  1. Spoel die suikerbone goed af en kook op die stoof tot sag.

  2. Meng die meel, druiwe-asyn, suiker en sout saam. Wanneer die bone sag is, voeg die mengsel by.

  3. Laat op lae hitte prut tot dit effens dik word.

Tip

After you’ve soaked your beans overnight, cook it in water (without salt, otherwise you’ll end up with hard beans) on the pressure cooker function in your electric cooker until soft. It will be done in about half an hour.

0