top of page

Anwar Abdullatief van The Happy Uncles in Soutrivier Wen By Eat Out-Toekennings

Hy het Sondagaand met die Eat Out Valpré Rising Star-toekenning vir sy halaal fine dining restaurant weggestap.



The Eat Out Valpré Rising Star-toekenning het gegaan aan Anwar Abdullatief van The Happy Uncles in Soutrivier.


Abdullatief sê: “Ek moes baie dinge opoffer vir my besigheid, van sonder ‘n salaris werk vir maande aan een, tot die tyd wat ek met my gesin kon spandeer het. Daarom is hierdie erkenning wat kom vanaf ‘n gerespekteerde platform soos Eat Out, iets wat jou wys wat jy werklik werd is. Ek is heel seker dit sal baie deure vir my besigheid oopmaak, en dit sal ons help om te transformeer en om die volgende vlak in ons groeiproses te bereik.”


Die beoordelaars het gesê: “Hier gee ons erkenning aan 'n jong sjef wat smaaklike dinge in die restaurantbedryf doen. Sy benadering tot kosmaak is besonders innoverend. Hy kyk verby enige beperkings en grense, en kom met opwindende nuwe idees vorendag.”





Die res van die wenners van die 2023 Eat Out Woolworths Restaurant-toekennings is soos volg:


1-STER-RESTAURANTE

  • Acid Food & Wine Bar (Randburg, Johannesburg)

  • Cavalli Restaurant (Somerset-Wes)

  • Chefs Warehouse at Maison (Franschhoek)

  • CHORUS (Somerset-Wes)

  • Creation Wines Tasting Room (Hemel-en-Aarde Vallei)

  • Eike (Stellenbosch)

  • FABER by Avondale (Paarl)

  • Farro (Botrivier)

  • Fermier (Pretoria)

  • Le coin Français (Franschhoek)

  • Les Créatifs Restaurant (Bryanston, Johannesburg)

  • Madre Stanford (Stanford)

  • Orangerie at Le Lude (Franschhoek)

  • Ouzeri (Kaapstad)

  • Post & Pepper (Stellenbosch)

  • Protégé (Franschhoek)

  • Proud Mary (Rosebank, Johannesburg)

  • Rykaart’s (Stellenbosch)

  • Séjour (Houghton Landgoed Johannesburg)

  • The Chefs’ Table (Umhlanga, eThekwini)

  • The Melting Pot (Elgin)

  • The Red Room by Chefs Warehouse (Kaapstad)

  • The Table by De Meye (Stellenbosch)

  • The Test Kitchen Fledgelings (Woodstock Kaapstad)

  • The Waterside Restaurant (V&A Waterfront, Kaapstad)

  • Upper Union (Kaapstad)

  • Zioux (Sandton, Johannesburg)

2-STER-RESTAURANTE

  • Belly of the Beast (Kaapstad)

  • beyond (Constantia, Kaapstad)

  • ëlgr (Kaapstad)

  • Epice (Franschhoek)

  • Foxcroft (Constantia, Kaapstad)

  • Meraki by Charlie Lakin (Hillcrest, eThekwini)

  • Nevermind (Kaap St Francis)

  • PIER (V&A Waterfront, Kaapstad)

  • Restaurant Klein JAN (Tswalu)

  • Rust en Vrede (Stellenbosch)

  • Salon (Woodstock, Kaapstad)

  • Spek & Bone (Stellenbosch)

  • The Jordan Restaurant met Marthinus Ferreira (Stellenbosch)

  • The LivingRoom by Summerhill Estate (Pinetown, eThekwini)

  • The Pot Luck Club Cape Town (Woodstock, Kaapstad)

  • The Pot Luck Club Johannesburg (Randburg, Johannesburg)

  • Wolfgat (Paternoster)

3-STER-RESTAURANTE

  • ARKESTE by Richard Carstens (Franschhoek)

  • Chefs Warehouse Beau Constantia (Constantia, Kaapstad)

  • Dusk (Stellenbosch)

  • FYN (Kaapstad)

  • La Colombe (Constantia, Kaapstad)

  • La Petite Colombe (Franschhoek)

  • Salsify at The Roundhouse (Kampsbaai, Kaapstad)

Aileen Lamb staan aan die stuur van sake by die Eat Out-handelsmerk. Sy verduidelik waarom die jaar se wenners so belangrik is: “Een-en-vyftig restaurante was vanjaar in die elite-groep van restaurante wat sterre gewen het - meer as die 42 van verlede jaar. Vir my wys dit hoe die bedryf gegroei het, en dit is voorwaar iets om te vier!. Wat 'n voorreg was dit om in 2023 uit te eet.”

Dankie aan Abigail Donnelly en haar groep beoordelaars: Joseph Dhafana, Marisa Munroe, Mokgadi Itsweng, Herman Lensing, en Karen Dudley. Dankie vir hul toewyding om die voortreflikste restaurante uit te soek en te beloon.


SPESIALE TOEKENNINGS

Benewens die ster-restaurant-toekennings is 14 spesiale toekennings aan individuele restaurante, sjefs, en rolspelers in die industrie oorhandig.

La Colombe in Constantia, met die hoogste telling van al die restaurante in die land, het die Eat Out Woolworths Restaurant of the Year-toekenning ontvang.

Die beoordelaars was dit eens: “La Colombe is ’n instelling in Suid-Afrika se fyn-kos-arena. Hulle was 'n konsekwente toekenningwenner, plaaslik sowel as internasionaal, en bied 'n spyskaart wat spreek van onberispelike genot.”


Die Eat Out Woolworths Financial Services Chef of the Year-toekenning, is toegeken aan Ryan Cole, hoofsjef en mede-eienaar van Salsify at The Roundhouse in Kampsbaai.

Die beoordelaars het gesê: “Ryan toon 'n unieke kosmaak-kreatiwiteit en 'n passie vir die bevordering van die plaaslike kosbedryf. Hy is 'n sjef op die hoogtepunt van sy loopbaan.”

Cole se eweknieë het hiermee saamgestem, en hom beloon met die Eat Out Birkenstock Chef’s Chef of the Year-toekenning. Al die ster-wenners van 2022 is uitgenooi om te stem, en hierdie eenstemmige toekenning gee nie net erkenning aan Cole se prestasies nie, maar beklemtoon ook sy rol as 'n bron van inspirasie en leierskap binne die restaurant-gemeenskap.

Cole sê hy voel geëerd en verheug om te wen. “Ek dink om Sjefs se Sjef te wen, is soos ‘n droom wat waar geword het. En jy kan nie regtig beplan om eendag die Sjef van die Jaar te wen nie. Om deur mede-sjefs en deur kollegas en deur Eat Out gesien te word as iemand wat die pad aanwys vir die kosmakers en sjefs van more, is ‘n massiewe kompliment. Ek dink dit wys ook dat Eat Out sy vinger op die pols het van wat regtig die nuutste tendense is, en dat hulle in pas is met dit wat die industrie sê en voel.”

Die Eat Out Woolworths Sustainability-toekenning is gewen deur The LivingRoom by Summerhill Estate (Pinetown, eThekwini).

Die beoordelaars het gesê: “Dit is 'n restaurant wat deurentyd bewuste besluite neem oor volhoubaarheid.”

Eat Out Woolworths Financial Services Service Excellence-toekenning: Meraki by Charlie Lakin (Hillcrest, eThekwini).

Die beoordelaars het gesê: “Ons was beïndruk met die voortreflike kraakvars diens in hierdie klein restaurant. Ja, al die elemente van uitstekende diens was daar: onberispelike aandag aan elke klein detail, en ‘n konsekwente fokus op dit wat gaste wil geniet. Die professionaliteit het hand-aan-hand gegaan met ʼn besonderse nederigheid en mensedeernis, wat ʼn besondere indruk op die beoordelaars gemaak het.”

Eat Out Woolworths Wine Service-toekenning: Bafana Zondo, Dusk (Stellenbosch)

Die beoordelaars het gesê: “Hy kan die mense aan sy tafel ‘lees’ en waardeer soos geen ander nie – en daarom is hy in staat om sy beskrywing van sy wyne perfek te verwoord en sy gaste op hul gemak en spesiaal laat voel. Daar is geen onnodige pretensie nie; net 'n gerusstelling dat ‘n ware wynkenner aan diens is, iemand wat regtig luister na wat die gaste wil he.”

Eat Out Lexus Style toekenning: Restaurant Klein JAN (Tswalu)

Die beoordelaars het vertel hoe dit voel asof jy deur ‘n geheime deur loop wat binne ‘n heel gewone en onopwindende reservoir weggesteek word, Maar dit lei jou na ‘n heel ander, en baie opwindende nuwe wêreld ervaring.

Eat Out Retail Capital Best New Restaurant-toekenning: Boma on Bree (Kaapstad)

Die beoordelaars het gesê: “Hierdie restaurant bied 'n spyskaart wat met toewyding oor die kole gaargemaak word. Dit het 'n verfrissende verskeidenheid skemerkelkies ... en boonop is die atmosfeer onbeskryflik!”

Eat Out Highland Park Lannice Snyman Lifetime Achievement-toekenning: Germain Lehodey

Die beoordelaars het gesê: “Hy was Suid-Afrika se eerste geakkrediteerde sommelier, en het die titel gedurende die laat 1970's in Europa verwerf, waar hy ook Switserland se eerste geakkrediteerde sommelier was. Hy het later Suid-Afrika sy tuiste gemaak, en hier het hy ‘n leierskapsrol gespeel om die wynbedryf en die rol van sommelier te verhef tot die posisie wat ons vandag kan vier.”

Eat Out Cacao Barry Dessert-toekenning: Motheba Makhetha, The Jordan Restaurant (Stellenbosch)

Die beoordelaars het gesê: “Ons beoordelaars was gaande oor haar onverskrokke kaas en nagereg-genot wat verrassende lekkernye soos Padrón-peperkonfyt, pistachio-spons, kersiekoejawels, en bokkaas-sneeu ingesluit het.”

Eat Out Patrón Mixology-toekenning: La Petite Colombe (Franschhoek)

Die beoordelaars het gesê: “Hul skemerkelkies is iets uit ʼn ander wêreld, en daar is voorwaar iets heel nuut en baie opwindend in hul alternatiewe, nie-alkoholiese skermerkelkie-spyskaart.”


Eat Out Lexus Best Destination-toekenning: Wolfgat (Paternoster)

Die beoordelaars het gesê: “Wolfgat is weggesteek langs ‘n ostuige deel van die Kaapse kuslyn. Die beskeie grasdak-kothuis steek een van die Atlantiese Kuslyn se mees uniekste ervarings weg. Dit is hier waar jy gastronomiese wonders kan geniet, met ‘n voortreflike uitsig oor die see met die ritmiese klanke van branders wat teen die rotse breek.”

Eat Out Woolworths Trailblazer-toekenning: Siba Mtongana, SIBA – The Restaurant (V&A Waterfront, Kaapstad)

Die beoordelaars het hulde gebring aan die restaurant se unieke identiteit. “Maar haar sukses gaan veel verder as dit. Ons was veral beindruk met hoe sy diversiteit deel gemaak het van alles wat sy doen. Siba is voorwaar 'n inspirasie vir die sjefs van more.”

0 comments

Related Posts

See All
bottom of page