top of page

Ons Het Kultuur

’n Gedig deur Theolla Langenhoven.


This piece written by a high school friend of mine. In the past I have struggled with the concept of culture and that’s one of the things the discussions in the Food Fairies (Koe’sister) group has taught and highlighted for me. - Randall van Wyk



Credit: Vannie Kaap

ONS HET KULTUUR

Theolla Langenhoven


Vir jare word ons ondermyn

Vir jare voel ons soos niks

Vir jare verduidelik ons,

Maar,


Ons het ’n kultuur.


Of ons vereenselwig met die Khoi,

San, Maleis, Kleurling of Griekwa;

Ons weet wie ons is.


Of ons Khoekhoe, Engels, Suiwer of Afri-Kaaps praat.

Ons praat ons eie taal.

Eie aan ons.

Eie aan ons streek.

Eie aan ons menswees.


Ons bly in die warme Kalahari,

die skone Moederstad,

die koue Oos-Kaap en

Selfs die Noorde ken ons deesdae.


Ons velkleur en hare is gemeng, soos

Die geurige breyani wat ons eet.

Ons verskille is so soet op die tong, soos

Die lekker afval pot van ouds of

’n koe’sister of issit koeksister?

Die kerrievis wat ons almal ons vingers laat aflek.

Ons is nie so ‘boring’ soos wat julle ons wil uitmaak nie.


Ons het ’n kultuur.


Ons kultuur is verstrengel met ons diepe gelowe.

Of ons Christen, Moslem, Rastafiër,

Of selfs in die oerdae die Maan gevolg het;

Ons glo diep.


Of ons hoed, doek, fez, pet,

Kerk-klere of burka dra.

Ons doen dit met trots.


Ons vier Kersfees, Eid en nog ander dae saam,

Want ons is gemeng.

Ja, ons deel is ons almal se vreugde en leed.


Ons het ’n kultuur.


Ons woon in hutte, wendies, huisies

En sommige selfs in paleise.

Ons woon waar ons gelukkig is.

Ons woon waar ons werk.

Ons woon waar ons families is.


Meeste van ons, het ook in die verlede

swaargetrek onder Apartheid.

Maar ons moes noodgedwonge

Die beste van die slegte maak.

Ons mòès aanbeweeg.

Ons mòès halfhartig aanvaar.

Sommige sukkel nou nog daarmee.


Ons werk in fabrieke en winkels,

Die staat en sommige het selfs hul eie business

Ons sit nie net op die hoeke nie.

Nie almal het die passion gap

Ons almal dra nie ‘namelekkers’ nie.

Ons almal is nie ge-tjappie nie.


Net soos baie ander rasse

Verskillende gelowe en tradisies het,

Net so het ons.

Ons sal ook net soos ander

Nie dieselfde lyk nie.

Dis mos net plein ‘boring’.


God skape mens na Sy wil.

So, ons lyk soos Hy.


Ons kultuur is om verskillend te wees.

Ons kultuur is om ander s’n te respekteer.

Ons kultuur is om ons Skepper te eer.

Ons kultuur is om ons land te bewoon.

Ons kultuur is gemeng.

En daarom is ons nie ‘boring’ nie,

Want


Ons het Kultuur.



0 comments

Related Posts

See All

Comments


bottom of page