top of page

Vinnige Lepeltjie-Vetkoek

Updated: Jun 7, 2023

Hierdie lepeltjie-vetkoek eet ons saam met ons gunstelingherfssop.


My dogter, Errida Junior, het hierdie vetkoek tydens ons eerste saamkook in isolasie gemaak terwyl ék die drukpot nader getrek het vir ons gunstelingherfssop, ‘stadige’ rooilensiesop met murgbene…


Ek onthou my kind se trots oor haar handewerk: “Op hindsight, volgende keer maak ek die vetkoek dubbeld aan, want mens wil huil as dit op is.”


Vinnige Lepeltjie-Vetkoek

Errieda du Toit


Maak 6-8 vetkoekies


Bestandele

  • 1 koppie (250 ml) koekmeel

  • 1 tlp (5 ml) bakpoeier

  • ½ tlp (2,5) ml sout

  • 1 eier, geklits

  • ½ koppie (125 ml) melk (of dalk bietjie meer)

  • Olie vir vlakbraai


Metode

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Roer die geklitste eier by die droë bestanddele tot ’n gladde tekstuur verkry is. Voeg die melk by om ’n slap deeg te vorm (verdun met nog ’n bietjie melk of water indien nodig).

  2. Giet genoeg olie in ’n pan om die bodem behoorlik te bedek en verhit oor matige hitte. Skep lepels vol van die beslag in die warm olie (sowat 4 op ’n slag) en braai aan albei kante tot goudbruin en gaar. Die olie moenie te warm wees nie, anders raak die vetkoeke te bruin voor dit behoorlik gaar is.

  3. Dreineer op bruinpapier of kombuispapier en eet terwyl warm. Dis heerlik met sop, of met kaas en gouestroop.




0 comments

Related Posts

See All
bottom of page